GEORGE NUUS - Dr. Dennis Farrell, voorsitter van die George-sakekamer gaan politiek toe.
Hy sal waarskynlik binnekort as lid van die George-stadsraad ingehuldig word.
Hy kom in die plek van Lizelle Pienaar wat tydelik in die plek van die vorige burgemeester, Melvin Naik, gedien het.
Jaco Londt, voorsitter van die DA se oosstreek, het vanmiddag by navraag gesê die party is verheug dat iemand van Farrell se kaliber bereid is om sy naam in die hoed te gooi en betrokke te raak om die groter George te dien.
Dit kan positief wees op die kort- en langtermyn vir die Suid-Kaap. Hopelik sal sy betrokkenheid ander leiers inspireer om ook betrokke te raak.
*Die DA het in 'n verklaring ook bekendgemaak dat Brendan Adams sy kandidaat gaan wees in wyk 17.
Hy is ’n bekende in die gemeenskap en baie mense ken hom vir sy betrokkenheid by 'n blad op sosiale media, Lokasies Staan Saam.
Brendan Adams
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'