Update
GEORGE NUUS - ‘n Verbyrit (drive-by) ter herinnering aan Daywin Jonas (26) is gisteraand (7 September) tussen 17:00 en 19:00 verby Buickstraat 18, Conville, gehou.
Jonas, oorspronklik van Joubertina, het in Conville gewoon en op 26 Julie vermis geraak toe hy sy huis verlaat het om 'n voornemende koper vir sy wit VW Citi Golf te ontmoet.
Hy het omstreeks 21:30 daardie aand vir sy meisie 'n boodskap gestuur waarin hy vertel het dat hy op pad is om die koper in die buitewyke van Pacaltsdorp te ontmoet. Kort daarna kon hy nie op sy selfoon bereik word nie.
Sy verkoolde liggaam is op 27 Julie langs die N9 naby Uniondale gevind en is verlede week deur middel van DNS-toetse uitgeken. In tussen is twee broers van Pacaltsdorp, Jhrlique Olkers en Maciano Danster, in verband met die moord in hegtenis geneem.
Begrafnisreëlings
Jonas se begrafnis vind Saterdagoggend, 9 September, in Joubertina plaas. Die huisdiens in Ravinia begin om 10:00 en die kerkdiens om 11:00. Indien enigiemand uit George die begrafnis wil bywoon kan hulle met Linda Branders, by 078 180 5909 in kontak tree. Taxikoste na Joubertina beloop sowat R200.
Daywin Jonas
Vorige artikels:
- Daywin Jonas-moord: Broers laat vaar borgtogaansoeke
- Opvolg: Broers laat vaar borgtogaansoek in Daywin Jonas-moord
- DNA test identifies body as Daywin Jonas's
- Missing man murdered
- Missing Daywin's car found, two in custody
- Vermiste Daywin: Ondersoek lei polisie na Pacaltsdorp
- Still no trace of missing man
- Search for missing man continues
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’