GEORGE NUUS - Met die onlangse styging van die brandstofprys en 'n sterk styging in die elektrisiteitsprys wat op die horison loer, moet verbruikers hulle gereed maak vir uitdagende tye.
Die boodskap van finansiële kundiges is dat verbruikers volgens 'n streng begroting sal moet werk, om te kan oorleef.
AHi Wes-Kaap
Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap, het gesê die beplande elektrisiteitsverhogings en die skerp styging in die brandstofprys sal nie deur die verbruiker geabsorbeer kan word nie. Hou in gedagte dat heelwat werknemers nog nie hul normale salarisse as gevolg van die Covid-19-situasie ontvang nie.
Sy advies aan verbruikers is om 'n bestekopname van alle maandelikse uitgawes asook skulde terugbetalings te maak.
"Nadat jy jou begroting heropgestel het en daar steeds tekorte is moet jy so gou moontlik met jou skuldeisers in verbinding tree om laer terugbetalingsterme te beding. Dis dalk ook 'n goeie tyd om van oortollige bates ontslae te raak om sodoende jou kontantvloei/skuldposisie te verbeter. Vermy verdere skuld en leef volgens jou beskikbare inkomste."
Ofskoon daar tekens van ekonomiese herstel in Suid-Afrika is moet dit ook gesien word teenoor ‘n negatiewe afname van bykans 7,5% in die ekonomie.
Die Tuinroete-streek, wat swaar afhanklik is van die gasvryheidsbedryf, is geweldig geraak deur die Covid-19-inperking en hierdie bedryf, asook klein diensverskaffer besighede kan tot drie jaar neem om te herstel na die vlakke van 2019.
"Dis egter belangrik, ten spyte van al die negatiewe faktore, dat ons steeds ‘n positiewe ingesteldheid behou om geleenthede wat daar is raak te sien en te benut," het Cilliers ges. Sy boodskap is "vasbyt".
PSG Wealth
Johan Lochner van PSG Wealth, het gesê verbruikers sal moet aanpas en streng volgens 'n begroting leef. "Dis al hoe jy gaan oorleef." Mense moet ook steeds vir hul aftrede spaar.
Hy is optimisties oor die toekoms en glo die wêreld gaan deur insinkings en dan is daarna weer herstel. Elke tien jaar is daar insinkings. So byvoorbeeld was daar een in 2008 en daarna het die wêreldekonomie fantasties gedoen.
Hy voorspel goeie tye vorentoe. Beleggers moet hulself reg posisioneer en seker maak hul beleggings is reg. Mense moet bewus wees van die siklusse en dit tot hul voordeel benut.
Johan Lochner van PSG Wealth
With a rise in the petrol price and increases in the price of electricity looming, consumers should be prepared for tough times. The message of financial experts - people should stick to a strict budget if they want to survive.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'