Gallery
GEORGE NUUS - Talle aktiewe en minder aktiewe Georgiete het Vrydagoggend, 1 Mei nie net Werkersdag gevier nie, maar ook gedeeltelike vryheid.
Dit was die eerste dag sedert die begin van die inperking dat Suid-Afrikaners toegelaat is om buite hul huise te mag oefen en meeste inwoners het van dié geleentheid gebruik gemaak om bene te rek.
Sommige het fietsgery terwyl ander 'n ent gaan draf of saam met hul families gaan stap het.
Die viervoetiges kon ook vir die eerste keer in vyf weke die buitelug geniet.
Fotogalery: Werkersdag buite gevier
Die Van Heerden gesin van Denneoord het vir 'n heerlike stywe stap in die berg gegaan.
George Herald joernalis, Kristy Kolberg, en haar viervoetige kind, Kasper, het douvoordag opgestaan om die ergste 'verkeer' te vermy.
Neil en Denise Harlow het 'n ent gaan stap.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'