GEORGE NUUS - Die Indaca ensemble, bestaande uit Dalene Brits (klavier), Ingrid Robinson (altviool) en Calvin Steyn (viool), is die kunstenaars in die 30 Maart-etensuurkonsert in die Moederkerk.
Hulle speel Dues Concertantes van Mozart, en werke van Sjostakovitz en Moskovitz.
Die konsert vind tussen 13:00 en 14:00 plaas.
Toegang is gratis, maar donasies is welkom.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'