'n Onderwyser, Louis Windwaai, het besluit dit is hoogtyd dat die skool se leerlinge en onderwysers ook help om bloedvoorrrade aan te vul. Dit is 'n onontbeerlike bron wat lewens red.
'n Totaal van 117 leerders het deelgeneem. George Sekondêr is nou deel van 'n klompie skole in die Suid-Kaap wat deelneem aan bloedskenking. Ander skole wat ook bloedskenkingsklinieke hou, sluit in Outeniqua Hoërskool, Langenhoven Gimnasium, Punt en PW Botha.
"Ons wil baie dankie sê aan alle leerlinge en onderwysers wat 'n verskil probeer maak in siek mense se lewens," sê Arlecia November, bemarkingsbeampte.

Mnr. Louis Windwaai, die onderwyser wat die kliniek geïnisieer het, saam met Nico November (links) en Marciano Stuurman wat gewillig was om te skenk.