Barry Naude en Hannes Kotze sê die wapen waarna hulle soek, word genoem in die boek getiteld The History Of South African Rugby Football geskryf deur Ivor D. Difford in 1933.
Daarin skryf Difford oor die kleredrag van die verskillende unies wat geaffilieer is aan die raad van die tyd.
So skryf hy oor SWD se kleure: "South Western Districts: Dark green jersey with white collar, badge of a black ostrich on white background in shape of a shield, dark blue knickers and stockings to match jersey."
Naude en Kotze is in besit van drie verskillende weergawes van die latere wapen wat vermoedelik na die Tweede Wêreldoorlog in gebruik geneem is.
Dié embleem was drie volstruisvere soos in die foto's hierbo getoon.
Vir volledigheid sou hulle graag die vorige "volstruiswapen" ook wil insluit in die boek en sal hulle dit baie waardeer as enige iemand hulle kan help.
Naude sê hulle het reeds wyd navraag gedoen, en by 'n familie in Kaapstad uitgekom wat gesê het hulle het die wapen, maar dit om "persoonlike redes" nie wou deel nie.
Hy sê hulle sal tevrede wees met 'n naby foto van die wapen, of 'n skandering, maar sal baie bly wees indien iemand die betrokke wapen sal skenk.
Kontak Barry Naude by 082 317 7655 of stuur 'n e-pos na barrynaude@webmail.co.za.

Die voorblad van die beoogde boek deur Barry Naude en Hannes Kotze.



Hier bo is drie effens verskillende vroeë SWD-rugbywapens op dieselfde tema. Die eerste wapen was glo 'n volstruis en die skrywers van 'n nuwe boek is op soek na 'n kopie van die embleem en benodig hulp.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'