GEORGE NUUSFLITS - Die geleentheidspreker en voormalige radio-omroeper, Stephania P Botes, het oor 'n klompie jare, haar debuutroman, Vloedhawe, geskryf. Die onlangse boekbekendstelling was dus rede tot groot vreugde en dankbaarheid. Die bekendstelling is in die Wilderness-hotel gehou en het baie mense van die omgewing gelok. Die boekbekendstelling is deur Stephania se vriende en familie gereël.
Vloedhawe is die geestelike reis van Berta, 'n Karoovrou wat totaal ontwortel word na haar huwelik met die Italianer, Salvatore Pedrici. In die Middeleeuse, Italiaanse dorpie, San Miniato, onderwerp sy haar aanvanklik aan die gesag van haar onbetroubare man en dominerende skoonmoeder.
Bende aktiwiteite, die skynheiligheid wat alles omgeef en haar gevoel van ontgogeling, laat haar smag na haar grootwordwêreld in die Groot-Karoo met sy uitgestrekte vlaktes en ongekunsteldheid.
Met die hulp van die Roomse Kerk vlug sy en keer terug na haar Vaderland, net om te vind dat die een mens wat haar in Italië in die steek gelaat het, intussen haar skoonsuster geword het. 'n Bedorwe, oppervlak-kige en selfgesen-treerde vrou wat haar eie kopkonflikte moet veg in die hoorbare stilte van die Groot-Karoo.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'