Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Drie slimkoppe van George, Arian Marx (10) sy boetie Marnu Marx (8) en Quintus Lutsch (9) bewys voorwaar dat dinamiet in klein pakkies kom.
Die leerders het tydens Pama (Pan Abacus Mental Arithmetic Association) se nasionale ronde in Augustus gekwalifiseer om op 28 Desember tydens die Pama internasionale kompetisie hul wiskunde vaardigheid ten toon te stel.
Die internasionale ronde sal in Sandton, Johannesburg, plaasvind. Volgens Sjane Schabort, die leerders se onderwyser, is Pama se somme gebaseer op die Japanese standaard van wiskunde.
Schabort se stemtoon neem van entoesiasme toe wanneer sy praat oor die leerders se voorbereiding vir die Pama internasionale ronde.
"Ons oefen en oefen! Maandae en Woensdae werk ons deur toetse. Dis die leerders se verantwoordelikheid om ook elke dag by die huis hersiening te doen," sê Schabort.
Die leerders sal Suid-Afrika verteenwoor-dig tydens die Pama internasionale ronde, maar hou hul streek se naam hoog.
Marnu (gr. 2), en Quintus, (gr. 3) is leerders aan George Voorbereidingskool.
Arian is 'n gr. 4-leerder van Laerskool Outeniqua.
Die onderwyser Sjane Boshoff, saam met haar leeders, Arian Marx, Marnu Marx en Quintus Lutsch.
Arian Marx (10) sê hy hou van wiskunde, want dis lekker.
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL EN VIDEO: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD INTERNIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'