GEORGE NUUS - Michael Melville, 'n leerder van Glenwood House, het 'n gemeenskapsprojek aangepak om broodnodige klere en skoene vir Emmaüs en Phambili in te samel.
Dit het deel gevorm van hulle Ductus Excellentiam-leierskapsuitdaging. Hy wou ook bewusmaking skep oor Emmaüs en Phambili se dienste om sodoende nog skenkings en ondersteuning vir hulle te werf aangesien die grendeltydperk 'n groot impak op hulle gehad het.
Phambili verskaf 'n veilige hawe vir mishandelde vroue en kinders en Emmaüs bied akkommodasie, kos en terapeutiese werksgeleenthede aan volwasse gestremdes. Beide is lank gevestigde organisasies in George.
Michael het mobiele vullisdromme in Oubaai uitgesit waarin inwoners donasies kon plaas en het ook onder vriende by die skool ingesamel.
Enigiemand wat klere uitgooi of selfs items soos blikkieskos of toiletware kan skenk, kan die organisasie van hul keuse kontak - Emmaüs by 044 873 4196 of Phambili by 044 875 1551.
Michael Melville by Phambili-huis se Colleen Stoffels (links) en Torchia Francis.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'