Update
GEORGE NUUS - 'n Funksie om geld in te samel vir die voormalige rugbyspeler Ollie Terblanche, wat 'n paar jaar gelede in 'n rugbywedstryd verlam gelaat is, word op Saterdag 8 Desember aangebied.
Dit neem die vorm aan van 'n 'koffie- en sjokoladekoestering' en word deur Erica Menton aangebied. Kaartjies vir die geleentheid is klaar uitverkoop, maar die geldinsameling sal voortduur en mense kan donasies in 'n trustrekening inbetaal.
Mense kan ook donasies van sjokolade vir die funksie by Virgin Active aflewer.
Die rugbyspeler se vordering het mense verstom. Hy en sy vrou, Chanel se onblusbare geloof vir beterskap en volharding om elke dag getrou in die gimnasium te oefen, inspireer mense oral.
'n Plaaslike videograaf, Quinten Wagner, het by die landbouskou in Augustus 'n lootjiekompetisie aangebied wat R8 000 ingebring het.
Die geld is nodig vir 'n stamseloorplanting. Ollie het verbetering begin toon ná 'n aantal stamseloorplantings en het die gebruik van twee maagspiere herwin enkele maande nadat hy sy vierde oorplanting vroeg vanjaar gehad het. Dit het die hoop laat opvlam dat opvolgbehandelings verdere verbetering sal meebring.
'n Enkele behandeling kos R60 000 en die paartjie kan dit nie bekostig nie.
Die trustrekeningdetails is soos volg:
Schoeman & Associates Inc, Absa, 40 5480 3709, takkode 632 005. Verwysing S00068 of Ollie's -stamselle. 'n Bewys van betaling moet aan suprachanel@gmail.com gestuur word.
Lees vorige artikels hier:
- Geldinseameling vir Ollie
- Help geld insamel vir Ollie
- Ollie in wolke oor maagspiere
- Verlamde rugbyspeler in wolke oor maagspiere
- Ollie dans op sy troue
- Ollie dans met sy bruid
- Rugbyspeler kan weer loop
- 'Verlamde' rugbyspeler wen droomtroue
- Verlamde rugbyspeler leer loop
- Rugbyspeler se gees sterker as besering
- Update: Young rugbyplayer paralysed
- Belowende jong rugbyspeler verlam
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'