Update Video
GEORGE NUUSFLITS EN VIDEO - Die voormalige SWD Arende rugbystut, Heinrich (Ollie) Terblanche, is in die wolke oor twee van sy maagspiere wat ewe skielik weer begin werk het, drie en ‘n half jaar nadat hy op die rugbyveld by Outeniquapark weens ‘n besering tydens ‘n wedstryd verlam is.
Ollie se nek was heeltemal af by werwels C6 en C7, maar vurige gebed van familie en vriende en volharding met ‘n streng daaglikse oefenprogram in die gimnasium saam met sy vrou, Chanel, 'n onderwyser, het gemaak dat Ollie vandag baie meer kan doen as wat dokters voorspel het, naamlik dat hy nie eens sy arms sou kon gebruik nie.
Hy kan kort entjies met krukke loop, hoewel hy nog nie sy voete behoorlik kan optel nie en steeds afhanklik is van ‘n rolstoel. “Ons kom nooit by die gimnasium aan met die rolstoel nie, so wanneer mense ons in die mall sien en Ollie sit in ‘n rolstoel, skrik hulle,” glimlag Chanel.
“Hoewel hy ongelooflik gevorder het en kenners op die gebied van hierdie tipe beserings verstom is oor sy beweeglikheid, is daar nog baie liggaamsfunksies wat hy nie het nie."
Kyk 'n video hieronder:
Lees Donderdag meer in die George Herald en aanlyn.
Klik hier vir vorige artikels:
- Ollie dans op sy troue
- Ollie dans met sy bruid
- Rugbyspeler kan weer loop
- 'Verlamde' rugbyspeler wen droomtroue
- Verlamde rugbyspeler leer loop
- Rugbyspeler se gees sterker as besering
- Update: Young rugbyplayer paralysed
- Belowende jong rugbyspeler verlam
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'