Gallery
GEORGE NUUS - Met internasionale vuurtoringnaweek wat elke jaar die 3de week in Augustus gevier word, het Eden-radioklub nie op hulle laat wag nie. Hulle het reeds in Junie met hul beplanning begin om Ystervarkpunt-ligtoring die naweek van 18 en 19 Augustus te besoek.
Aangesien ligtorings deel vorm van Portnet moes daar eers toestemming verkry word dat radio-amateurs dit mag gebruik.
As nuwe radio-amateurklub hier in die Suid-Kaap was almal baie opgewonde.
Ystervarkpunt-vuurtoring is so 10 km voor Albertinia naby Gouritsmond. Die vuurtoring het 92 trappe, is ’n goeie 25 tot 30m hoog, die vuurtoring werk 100% en gee nog 'n helder lig in die aande vir die skepe.
Gedurende die naweek het die Eden-klub met ongeveer 150 radio-amateurs gesels, en met 10 lighuise kontak gemaak. Saterdag was almal teen 05:00 die oggend op om te sien wie hulle op die radiogolwe kon opspoor.
FOTOGALERY: Eden-radioklub besoek Ystervarkpunt-ligtoring
Eden-radioamateurklub voor Ystervarkpunt-ligtoring.
Teen ongeveer 06:30 was die frekwensie mooi oop en het baie kontak gemaak met onder andere amateurs van Johannesburg, Namibië en ander regoor Suid-Afrika.
Daar het hierdie jaar reeds 406 lighuise in die wêreld geregistreer en die Eden-radioklub hoop om sommer baie meer te sien en te hoor in 2024.
Die klub wil almal bedank wat deel was van die wonderlike vuurtoringnaweek en beplan beslis om volgende jaar weer so te maak.
Vir meer inligting oor die vuurtoringnaweek besoek hul Facebook-blad, Eden Radio Klub.Foto's: Verskaf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’