Gallery
GEORGE NUUS - Die skoolhoof, Clifton Titus, sê hy is heel tevrede want hulle het 'n veel laer persentasie verwag weens die impak van die pandemie.
"Die slaagsyfer wys vir my dat die matrieks deursettingsvermoë aan die dag gelê het. Oor die afgelope drie jaar het hulle in die een jaar slegs vyf maande en die ander jaar ses maande skool gehad en toe was hulle verlede jaar terug na 'n normale skooljaar."
FOTOGALERY: Pacaltsdorp Sekondêr behaal 76,6% slaagsyfer
"Dit was 'n aanpassing en van die leerders het nie die regte positiewe ingesteldheid jeens hul skoolwerk gehad nie. Die leerders wat toegewyd was, het egter sukses behaal. Ek is baie trots op ons top-5 vir wat hulle vermag het."
Volgens Titus sou die slaagsyfer bo 80% gewees het, was dit nie vir vier leerders wat nie hul tweede Wiskundige Geletterdheidsvraestel geskryf het nie.
"Hulle wou daarna nie aangaan met die eksamen nie, maar nadat hulle aangemoedig is, het hulle die eksamen wel voltooi. Leerders wat nie deurgekom het nie, was tussen 0,4% en 3% weg van 'n slaagsyfer. Met 'n bietjie meer moeite, sou hulle dit kon gemaak het."
Titus moedig leerders wat nie geslaag het nie aan om in Junie die hereksamens te doen.
Hy sê 2023 se matrieks sal na verwagting 'n meer stabiele omgewing hê en die skool mik vir 'n 85%-slaagsyfer aan die einde van die jaar.
"Ons matrieks begin Maandag reeds met bystandsonderrig deur middel van telematiese klasse wat deur die onderwysdepartement moontlik gemaak word."
Pacaltsdorp Sekondêr se top-10-matrieks is:
- Chameca Cornelius
- Tiarah Leigh Moodien
- Gail Willemse
- Jason-Lee Kortse
- T-She Jones
- Verona Hartzenberg
- Venus Hartzenberg
- Brenwill Pieterse
- Precious Lourens
- Giano Pieterse
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'