Die Convent Garden Youth on the Move-groep, wat 'n voorbeeld vir ander jeugdiges stel deur onder andere hul woonbuurt self skoon te maak.
GEORGE NUUS - Inwoners van Convent Garden in Rosemoor, George het die inisiatief geneem om die jeug te bemagtig en ook die George-munisipaliteit se taak te vergemaklik.
Onder leiding van Aldo en Zenobia Frans, Ruitie Brinkhuiz, Noleen Twig, Frans James en wykskomiteelede is die Convent Garden Youth on the Move-groep op die been gebring.
Zenobia Frans het gesê: "Inwoners, van Convent Garden het besluit dit het tyd geword dat hulle eie-naarskap neem van hul woonbuurt en hul vrye tyd te belê in die jeug en omgewing. Die jeuggroep en hul ouers beywer hulself nou om die woonbuurt vrywillig skoon te hou. Volgens Frans het hulle ten doel om die woonbuurt skoon te hou en stor-tingsterreine langs die Molenrivier op te ruim.
"Ons kan nie meer net stilsit en wag op die munisipaliteit om alleen ons woonbuurte skoon en netjies te hou nie. As inwoners het ons ook 'n verantwoordelikheid teenoor ons omgewing, veral ten opsigtige van ons woonbuurt," het Frans gesê. Sy het 'n ernstige beroep op inwoners gedoen om saam te staan en te help met die projek.
"Dit is hartseer om te sien hoe ons pragtige rivieroewer die stortingsterrein van tuinvullis, huishoudelike vullis en selfs dooie diere uit ons eie woonbuurt, sowel as aangrensende woonbuurte geword het. Kom ons staan saam en probeer alternatiewe oplossings vir die storting van vullis vind."
Volgens Frans het die rivieroewer 'n nes geword waar haweloses slaap, gesteelde goedere weggesteek word en jeugdiges dwelms gebruik. Kom ons help ons kinders om verlos te word van dwelmmisbruik en verslawing. Sy het gesê dat Convent Garden Youth on the Move-groep 'n voorbeeld vir die ander jeugdiges is. "As vergoeding vir hul harde werk word hulle op gereelde geestelike en opvoedkundige kampe en uitstappies geneem."
Frans is ook van mening dat hul skoonmaakprojek die munisipaliteit duisende rande kan spaar. "Die munisipaliteit verwyder vullis by die stortingsterreine en binne die woonbuurte, wat hulle baie geld kos. Geld wat werklik bestee kan word aan 'n meer noodsaaklike saak."
Volgens Frans het hulle nie 'n maklike taak op hande nie. "Ons jeug is ons toekoms. Help ons om 'n verskil te maak in ons gemeenskap, al is dit ook hoe klein. Laat ons ons seuns
leer om verantwoordelike mans te word, wat goed sal sorg vir hulle families, laat ons ons dogters leer om volwaardige vroue te word."
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'
Posted on: 04:30 Thu, 18 July 2013
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: