Dit volg nadat verskillende plaaslike rolspelers in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) regdeur die vakansie en oor die naweek gewerk het, om die agt opslaanklaskamers wat as onveilig verklaar is, te beveilig. Die leerders het sedert Augustus, weens die toestand van die klaskamers, onder bome onderrig ontvang.
Volgens die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Peter Noble, is daar tydelike sowel as langtermyn oplossings gevind.
Noble het bevestig dat die klaskamers met toestemming en goedkeuring van die betrokke rolspelers beveilig is. Nog 'n tydelike oplossing, is die gebruik van mobiele klaskamers.
"Daar word onderhandel om vier ekstra mobiele klaskamers te kry wat vanaf Januarie 2015 gebruik sal word."
Noble het bygevoeg dat daar binne die volgende week as deel van die langtermynoplossings aan die instandhouding by die skool, sowel as moontlike opgradering gekyk sal word. Verdere oplossings sluit in die verwydering van tydelike klaskamers aan die einde van volgende jaar, wat met geboude klaskamers vervang sal word.
* George High School pupils, who have been tutored under trees since August due to the unsafe conditions of eight prefabricated classrooms, are back in the classrooms again. This follows after local role-players, in conjunction with the Western Cape Education Department (WCED), have worked through the school holiday to ensure that the classrooms are safe for use in the new school term. According to Peter Noble, chairman of the school's governing body, short as well as long-term solutions have been put in place.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Morton van Rooyen (links), skoolhoof, en Rodney Deyce, 'n onderwyser, is dankbaar dat die opslaanklaskamers ten minste van die grond gelig is, en nie meer skeef staan nie. Saam met hulle is (voor van links) Carlyle Koeberg (15), Nalan Heunis (15) en (agter van links) Brontë Olckers (16) en Denovan Nokole (15). Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'