Hier in George sweet en swoeg al wat ‘n polisiebeampte is sedert die polisie se fiksheidsprogram onlangs afgeskop het.
Die program is verlede week deur komm. Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, in Pretoria bekendgestel by die polisie-opleidingsentrum in Pretoria.
Oorgewig en slordige polisielede is gewaarsku dat hul ongesonde lewenstyl, wat hulle vet en slordig laat lyk, nie meer geduld gaan word nie omdat dit hulle kniehalter in die uitvoering van hulle pligte.
Verlede week het die George Herald besoek afgelê by die areakantoor van die polisie in Heatherpark waar polisiebe-amptes geoefen het onder leiding van insp. Johnathan Hartnick, die fiksheidsinstrukteur.
Daar was duidelik ‘n paar wie se figure aandag nodig het, maar almal het gelyk asof hulle met hart en sien deelneem aan die oefenprogram, al was die pyn op ‘n paar gesigte duidelik sigbaar. ‘n Aantal beamptes, kon ‘n mens gou agterkom, was geensins vreemdelinge in ‘n gimnasium nie.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoord-voerder sê baie van die beamptes maak wel gebruik van die gimnasium by die areakantoor. Behalwe dié gimnasium is daar drie by ander polisieskantore in Mosselbaai, Beaufort-Wes en Riversdal ingerig in ’n poging om polisiebeamptes te help kilogramme afskud en om hulle fiksheid te verbeter.
Hy sê dit "is lekker en iets mooi" om polisiebeamptes so te sien oefen, want dit is goed vir die mag se beeld en sal hulle fisies en geestelik opbou.
Die program is veral daarop gemik om beamptes fiks en gesond te kry voor die Wêreldbekersokkertoernooi, maar sal ook daarna voortgesit word.
Pojie sê beamptes wat nie voor die begin van die toernooi hulle voorgeskrewe gewig bereik nie, sal moontlik van alle ope-rasionele pligte onthef word en in kantore uitgeplaas word. In die ergste gevalle kan be-amptes selfs gevra word om te bedank.
Volgens Hartnick word elke lid met sy/haar eerste besoek geëvalueer. Hy kyk na hulle liggaamvet, metaboliese aktiwiteit, beendigtheid, ens. Hulle sal ook gereeld geëvalueer word om hulle vordering te monitor.
Hartnick self gaan een keer ‘n maand na Kaapstad vir sy eva-luasie as instrukteur.
Daar is ook 150 polisie-beamptes in George en Knysna ontplooi wat spesiale opleiding in skarebeheer ontvang het vir die Wêrelbekersokker. Die opleiding is geskoei op Franse en Belgiese tegnieke van skarebeheer.
Pojie sê die beamptes sal tussen die basiskampe ontplooi word volgens aanvraag.
Artikel en fotos's: Lizette da Silva
.jpg)
Insp. Johnathan Hartnick, die fiksheidsinstrukteur en insp. Waka demonstreer ‘n arrestasie-tegniek.