Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Twee aangeleenthede waaroor baie in George gepraat word, ontwikkeling en behuising, is verlede Donderdag tydens 'n geleentheid van die George-sakekamer deur die burgemeester, Melvin Naik, geopper.
Naik was een van die sprekers by die geleentheid wat by Fancourt gehou is en deur verskeie sakeleiers, waaronder Kassie Karstens, bestuurder van die Mediclinic George, bygewoon is.
Van George se bekendste eiendomsontwikkelaars en eiendomseienaars was ook teenwoordig. Investec was die borg van die geleentheid.
Naik het 'n oorsig gegee van projekte wat beplan word, die ekonomiese ontwikkelingstrategie en die langtermyn strategie vir siviele ingenieursdienste.
Hy het onder meer verwys na die onlangse afkeuring van die ontwikkeling van die nuwe Mediclinic George op die saagmeule-terrein langs die Outeniqua Family Market.
Die George Herald het daaroor berig en dit behels dat die appèl-afdeling van die George-munisipaliteit finaal beslis het om Magnolia Ridge Properties se aansoek af te keur. Dit was drie jaar na sy oorspronklike aansoek.
Naik het gesê George is ten gunste van die ontwikkeling van die Mediclinic. Die munisipaliteit kan egter nie iets doen wat teen die wet is nie. Met verwysing na die behuisingsituasie in George het Naik gesê hy is persoonlik nie baie ten gunste van lae inkomste behuising in die sin dat dit min eiendomsbelasting en dienstegeld vir die munisipaliteit verseker.
Daar moet in die verband eerder gekyk word na middel inkomste behuising. Volgens hom is gerugte dat lae inkomste behuising by die George Ridingklub gevestig gaan word, nie waar nie. Hy het benadruk dat gekyk moet word na planne hoe om weer lewe in die sentrale stadskern te blaas.
Hy het kritiek oor die munisipaliteit se nuwe elektrisiteitstariewe verwerp. Volgens hom word dit ingestel in oorleg met die National Energy Regulator of South Africa (NERSA).
Die munisipaliteit is in kontak met die provinsiale regering oor die kragsituasie en die munisipaliteit kyk na vennote om krag te produseer. Die munisipaliteit se kragverkope het gedaal en mense gaan af van die nasionale kragnetwerk.
Hy het gesê die bestaande munisipale infrastruktuur is onder druk en 'n finansiële inspuiting is nodig.Voorts is instandhouding en uitbreiding nodig.
Dr. Dennis Farrell, (links) voorsitter van die George-sakekamer en Melvin Naik, George-burgemeester. Foto: Eugene Gunning
Die verhoging van die oorloop van die Tuinroetedamwal het onlangs begin en daar word ook gekyk na die bou van nuwe opgaardamme. Nuwe pompstasies sal geïnstaleer moet word. Van die pompstasies is al 40 jaar oud en as van hulle probleme optel moet vir sommige parte uit die buiteland ingevoer word.
Kyk 'n video hieronder:
Dr. Dennis Farrell, voorsitter van die George-sakekamer, het gesê die doel van die geleentheid was om lede van die sakegemeenskap en verteenwoordigers van die munisipaliteit saam te bring. So kon vasgestel word wat is aan die gang en wat is die uitdagings en geleenthede. Onder die uitdagings is die skepping van volhoubare werksgeleenthede.
The George Municipality issued a statement in response to this article:
Municipal spokesperson Chantel Edwards-Klose says in the press statement that the statement was made by Naik in discussion around possible alternative sources of income. “His comment was that low cost housing does not provide a source of income and in that context that we must shift our focus to other projects such as middle income housing that will be an alternative source of income as far as property rates and taxes are concerned. He did not state that he is not in favour of low income housing for George.”
“George Municipality is committed to responsible governance and ensuring that quality services are delivered. The MSDF proposes the phasing of densification initiatives, which will be based on the availability of infrastructure and will be used to plan future infrastructure provision. The city must prepare for urbanization as the influx of residents is a reality and cannot be prevented. George Municipality remains committed to a human settlement solution for all citizens of George, but must work within the constraints of the law, its mandate as local government and the relevant budgetary framework,” Naik added.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'