TUINROETE NUUS - Op Dinsdag 5 Februarie was die saalgeleentheid by Hoër Landbouskool Oakdale vir die eerste keer in die geskiedenis van die skool direk aan ouers gebeeldsend.
Die nuwe Oakdale TV-kanaal, OakNet, sal voorsiening maak vir direkte uitsendings van alles wat by Oakdale aangebied word by wyse van sy "live streaming".
Die kanaal se adres waarop daar ingeskakel kan word, sal hierdie week aan ouers en die publiek bekendgestel word.
Oakdale ontvang ses kameras en sal eersdaags ongeveer agtien leerders as kameramanne en twaalf kommentators oplei. Mnr. Hardus Pretorius sal as produksiespanbestuurder optree en alle opnames beplan en bestuur.
Die nuwe TV-stasie het tot gevolg dat sport, kursusse, kultuuraktiwiteite en sosiale geleenthede direk gebeeldsend kan word.
Individuele leerders sal blootstelling kry deur deel te wees van verskillende TV-uitsendings en -opnames.
Instansies wat betrokke wil raak by die OakNet-kanaal kan Marlene Carstens by Oakdale skakel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'