GEORGE NUUS - Die moordenaar van jong Natalie Baartman (5) van Syferfontein wat in Februarie vanjaar slapend na haar dood gedra is, is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê in die rondgaande hooggeregshof in Mosselbaai.
Regter J Henney het Johannes Frieslaar (31), ook van Syferfontein, 10 jaar tronkstraf opgelê vir Natalie se ontvoering, en lewenslank elk vir die verkragting en moord. Die vonnis is deel van 'n pleitooreenkoms wat met die staat gesluit is.
Natalie het die aand van haar dood op 'n bank by bure geslaap toe sy uitgedra en 50 m verder verkrag en versmoor is.
Sy was vir minstens twee dae vermis voordat haar ouers agtergekom het sy is weg en die polisie se hulp ingeroep het.
Die uitslag van die nadoodse ondersoek op die tenger kleuter van Syferfontein, Natalie Baartman (5), toon dat sy verkrag en verwurg is.
Natalie se half naakte liggaam is Maandagmiddag, 13 Februarie in 'n oop veld sowat 60 tot 80 m van haar ouerhuis in die informele nedersetting buite Pacaltsdorp gevind.
Sy het op haar rug gelê. Haar hande was met 'n kledingstuk agter haar rug vasgebind wat moontlik daarop dui dat sy haar teen haar moordenaar verset het.
Frieslaar is 'n paar dae later in hegtenis geneem en het kort daarna sekere uitwysings aan die polisie gedoen.
Die polisie het vroeër gesê hulle stel ondersoek in waarom Natalie se ouers, Dawid en Dora, haar eers twee dae na haar verdwyning as vermis aangemeld het.
Die polisie se ondersoek het geen nalatigheid uitgewys aan die kant van die ouers nie.
Die saak is deur ao. William van Schalkwyk van die Pacaltsdorp-speurdiens ondersoek.
* The murderer of young Natalie Baartman (5) from Syferfontein who was raped and strangled in February received two life sentences in the circuit high court in Mossel Bay.
Judge J Henney found Johannes Frieslaar (31), also from Syferfontein, guilty on a charge of abduction (10 years), rape and murder. Frieslaar entered into a plea agreement with the state.
Read previous articles:
- Dogtertjie vermoor: verdagte weer in hof
- Dogtertjie (5) word begrawe
- Dogtertjie (5) glo slapend na dood gedra
- Dogtertjie (5) vermoor: Verdagte in hof
- 5-Jarige dogtertjie vermoor: Verdagte vas
- Dogtertjie (5) verkrag en verwurg
- Vermoorde dogtertjie (5) was half naak
- Liggaam van 5-jarige dogtertjie gevind
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'