TUINROETE NUUS - Twee mense is deur ER24-paramedici na hospitale in George afgevoer ná 'n motorongeluk vroeër vanoggend, Donderdag 25 Februarie, op die N9.
Die ongeluk het tussen die Oudtshoorn-afdraai en Uniondale plaasgevind toe twee motors wat in teenoorgestelde rigtings beweeg het, mekaar na bewering skrams van voor getref het.
Albei motors het gerol en aan weerskante van die pad tot stilstand gekom.
Nooddienste is nog op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'