Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die pragtige Doné Gerber is vanaand gekroon as 2019 se Mej. George Landbouskou by die skouterrein.
Haar eerste prinses is Lelanie Willers en tweede prinses Zané Nortjé.
Kyle Stauch het die Mnr. Skou-titel opgeraap met Thaddeus Deyce wat as eerste prins gekroon is en Rory Butler as tweede prins.
Die immergewilde Michael Lindt was 'n geestige seremoniemeester en 'n waarderende gehoor is vergas op lekker Afrikaanse musiek deur die talentvolle Andriëtte Norman en Nicoline Stofberg.
Die skou het vanoggend afgeskop. Môre word verskeie diereafdelings beoordeel, die Graskoue Trappers tree op, en môreaand is Michael Lindt, Brendon Peyper en Manie Jackson op die verhoog in die vermaaktent. Wicus van der Merwe is Saterdagaand die hoofgaskunstenaar. Saterdagoggend om 10:00 word 'n vroueprogram aangebied.
Besoek www.georgelandbouskou.co.za vir 'n volledige program vir die res van die naweek. Dit is propvol vermaak.
Kyk 'n video hieronder:
Gaskunstenaar Andriëtte Norman (regs) saam met Doné Gerber, 2019 Mej. George Landbouskou, die eerste prinses Lelanie Willers (naasregs) en tweede prinses Zané Nortjé (links). Foto's: Alida de Beer
Kyle Stauch het die Mnr. Skou-titel opgeraap. Thaddeus Deyce (regs) is as eerste prins gekroon en Rory Butler as tweede prins.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'