GEORGE NUUS - Die Conville-polisie ondersoek ‘n moorddossier ná die lyk van ‘n 36-jarige man in Rosemoor gevind is. Die lyk is Sondagoggend omstreeks 04:00 deur verbygangers op die hoek van Miller- en Parsonsstraat, ontdek.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, wil dit voorkom of die lyk reeds ‘n tyd lank daar gelê het voor die polisie in kennis gestel is.
Die man het slegs geringe wonde aan die agterkant van sy kop gehad.
Enigiemand met inligting rondom die voorval word gevra om die Conville-speurtak by 044 803 33 00/1 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'