Gallery Update
GEORGE NUUS - Die hofdatum waarop onwettige grondbesetters in New Dawn Park in die hof moes verskyn is vir eers op ys.
Die Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, Bonginkosi Madikizela, het tydens 'n vergadering in die George-raadsaal Maandagmiddag onderneem om weer besoek af te lê en belanghebbendes te ontmoet vir 'n bespreking oor die kwessie.
Madikizela het die versekering gegee dat hy die hofproses vir eers sal halt.
Die New Dawn Parkers sou op 5 Maart in die hof verskyn weens onwettige grondbesetting op 'n stuk grond langs die laerskool in hul woongebied.
"Ek sal met julle ontmoet en dan sal ons 'n manier kry om die situasie te hanteer," het hy gesê.
Voorts het die minister onderneem om 'n besoek aan die Erf 325-ontwikkeling af te lê, waaroor Syferfonteiners ongelukkig is. Hy het ook onderneem om met Khoi-leiers te vergader vir 'n bespreking rondom die grondkwessies wat tydens die vergadering geopper is.
James Smith. Foto's: Michelle Pienaar
Lees vorige artikels hier:
- Naik gee koue feite oor huise
- Aansoek vir hutte se afbreek val plat
- Nuwe hoop vir New Dawn Park-Grondbesetters
- Grondbesetters wag in die hof
- Grondbesetters wend hul na die hof
- Update: Protesters still waiting for Mayor
- Update: Motorists to avoid York Street
- Update: Marchers at Municipality
- March in support of backyard dwellers
- Landless see red
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'