Update Video
GEORGE NUUS & VIDEO - 'n Groep onwettige grondbesetters van New Dawn Park het vanoggend gehoor 'n fout het ingesluip met die aansoek om hul uitsetting.
Die tipe aansoek was glo nie korrek nie.
In alle waarskynlikheid sal 'n tweede aansoek gedoen word by die hoofgeregshof in Kaapstad, maar Virgill Gericke van die PBI het gesê hulle party gaan dit teenstaan.
"Dit kos baie geld, maar dit gaan hier oor die mense se grondwetlike regte," het Gericke gesê.
Die groep is op die grasperk by Eenheidspark deur die George-verkeershoof, Donovan Saptoe toegespreek. Hy het aan hulle gesê dat hy ongelukkig geen terugvoer het oor 'n moontlike vergadering vandag met munisipale en provinsiale amptenare nie.
Die moontlikheid van 'n vergadering het verlede week aan die lig gekom.
Gericke het 'n beroep op die gemeenskapslede gedoen om vreedsaam terug te keer huistoe.
Kyk 'n video hieronder.
Hoof van die Pacaltsdorp Khoi-raad, Stanley Laminie.
Van links is Frances Roelf van die Pacs Khoi-raad, Dalene Valentine, Virgill Gericke van die PBI en Theresa Fortuin van Icosa.
Lees vorige artikels hier:
- Grondbesetters wag in die hof
- Grondbesetters wend hul na die hof
- Update: Protesters still waiting for Mayor
- Update: Motorists to avoid York Street
- Update: Marchers at Municipality
- March in support of backyard dwellers
- Landless see red
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'