Loslitdag vind jaarliks op die eerste Vrydag van September plaas. Dit is 'n projek van Die Nasionale Raad vir Mense met Fisieke Gestremdhede in Suid-Afrika, 'n nie-winsgewende nasionale organisasie wat hom beywer om die behoeftes van persone met gestremdhede aan te spreek.
Vanjaar is Loslitdag se twintigste verjaardag en het reeds R195 miljoen ingewin vir die skole en organisasies wat deelneem aan die projek.
In 2014 gaan daar groot makietie gehou word met die Bring out the Bling-tema. Die projekbestuurder, Celeste Vinassa, sê dat hulle met hierdie uitreiking hul veldtogte wil verbeter om sodoende meer Suid-Afrikaners te bereik om by te dra tot die organisasie. "Een R10-noot het nou 'n baie groot verskil in verskeie organisasies landwyd gemaak."
Die Edcon-handelsgroep is Loslitdag se hoofborg, maar verskeie ander groot maatskappye soos Game, Absa, Shoprite/Checkers is steeds aan boord.
Sowat 500 skole, tehuise en diens-organisasies neem deel aan en baat by Loslitdag. Die volgende nasionale organisasies, met takke wat die hele land dek, baat by die geld wat ingesamel word:
- Die Nasionale Raad vir Mense met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika;
- Die SA Federasie vir Geestesgesondheid;
- Federasie vir Dowes van SA;
- Die Nasionale Raad vir Blindes;
- Outisme Suid Afrika;
- Down-Sindroom Suid-Afrika;
- Die Nasionale Raad vir Persone met Serebrale Gestremdheid;
- Die Suid-Afrikaanse Dowe Vereniging;
- Die Nasionale Instituut vir Dowes;
- QuadPara Vereniging van Suid-Afrika;
- Alzheimer's Suid-Afrika, en · South African Disability Alliance.

Die Loslitdag-span getooi in die 2014 tema - van links: Faheema Granville, Zaza Khazemula, Bonita Lottering, Celeste Vinassa, Josephine Mukalula, Lanie Stoltz en Gabriel Hoffman.