GEORGE NUUS - Heartbeat FM se omroeper, Peter Jafta, oftewel “Lekrr J”, is die wenner van dié radiostasie se Digitale Sprong-kompetisie.
Jafta het volgens die kompetisie se reëls die meeste invloed gehad om luisteraars te oortuig om ‘n digitale toepassing af te laai waarmee luisteraars regoor die wêreld toegang tot Heartbeat FM se hartklop kan kry.
Die radiostasie het in Desember verlede jaar hul eerste digitale sprong geneem, en daarmee saam die kompetisie geloods.
‘n Luisteraar en ‘n aanbieder kon die geleentheid kry om ‘n naweek ter waarde van R7 800 by Buffelsdrift Game Lodge in Oudtshoorn te wen.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'