Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Mnr Johan Smit, skoolhoof van Laerskool Outeniqua, het sy versekering gegee dat die skool gereed is om die graad 7's terug te verwelkom.
Hulle berei al twee weke lank voor om die skool reg te kry en skoonmaakpersoneel het gesorg dat die hele skool ontsmet is.
Die onderwysers is ook gereed om lesse te hervat.
Hoe dit gaan werk
Afrikaans- en Engels-leerders sal by verskillende hekke aanmeld. Daar is ook merkers wat aandui hoe ver hulle van mekaar moet staan.
'n Leerder mag nie die skool sonder 'n masker betree nie.
By die hek sal leerders se hande ontsmet word, waarna hulle in spesifieke rye moet gaan staan.
Elke leerder se temperatuur sal gemeet word, waarna elkeen 5 vrae moet beantwoord. As leerders nie die temperatuurlesing of vrae 'slaag' nie, sal hulle na 'n kwarantynklaskamer geneem word.
Daar gaan ook seker gemaak word dat die leerders heeltyd hul sosiale afstand handhaaf.
Ouers moet ook die kinders by dieselfde hek oplaai as waar leerders afgelaai is.
Kyk 'n video hieronder.
Mnr Johan Smit, skoolhoof van Laerskool Outeniqua.
Leerders moet buite die skoolhek aantree op merkers wat 1.5 meter uitmekaar is.
Elke leerder se temperatuur gaan gemeet word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'