NASIONALE NUUS - Die African Cristian Democratic Party (ACDP) doen 'n beroep op ouers en belangstellende en betrokke partye om voorleggings aan die Departement van Onderwys oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, die sogenaamde "BELA Bill", voor te lê.
Hoewel die sperdatum vir kommentaar reeds op 10 November was en die minister geweier het om 'n verlenging toe te staan, is die ACDP-parlementslid, LP Dudley verseker dat die departement steeds voorleggings sal oorweeg, selfs na die sluitingsdatum.
Die Wetsontwerp op Basiese Onderwyswetgewing sal verreikende implikasies vir ouers se regte hê in die bepaling van hul kinders se onderwys.
Ouers se reg om vas te stel hoe hul kinders opgevoed word, word erken deur die Universele Verklaring van Menseregte in artikel 26.3.
Die ACDP ondersteun ten volle die regte van ouers om maksimum vryheid om keuses te maak oor hul kinders se opvoeding en skoolopleiding.
Die ACDP is bekommerd dat die voorgestelde wetsontwerp die regte van die openbare skoolbeheerliggame in die gebied van taalkeuse, aanstellings van departementshoofde, adjunkhoofde en skoolhoofde, toelatingskeuse en opvangsgebied sal inkort en sodoende 'n negatiewe uitwerking op gemeenskappe sal he.
Tuisskoolonderrig
Spesifiek sal tuisskoolonderig beïnvloed word deur die departement se aandrang dat huiskole die CAPS-kurrikulum volg en met finale besluitnemingsmagte wat by die provinsiale departementshoof rus, oor of 'n ouer tuisonderwys kan doen of nie. Tuisonderwysers sal vir jaarlikse assesserings moet betaal en hul kinders sal die Nasionale Senior Sertifikaat moet skryf.
Volgens Philip Rosenthal van Christian View Network is die netto effek van hierdie wetsontwerp om sterk skole te verswak eerder as om swak skole te versterk aangesien die DBE reeds bevoegdhede het om mense direk aan te stel om nie-funksionele skoolbeheerliggame te bestuur.
Terwyl die minister van onderwys erken dat die situasie in baie skole 'n nasionale ramp is en hulle hoop dat hulle deur die sentralisering van mag korrupsie en ondoeltreffendheid sal verminder, het hulle nie reageer op 'n aanbod van sterk skoolbeheerliggame om kapasiteit te help bou in skole wat sukkel nie.
Voorleggings
Vir voorleggings is dit die beste as dit in u eie woorde is, en nie 'n vormbrief nie, al is dit kort. Stuur `n e-pos aan adv Deon Rudman van die DBE by rudman.d@dbe.gov.za of pos 'n voorlegging aan hom by die Direkteur-generaal, Privaatsak X085, Pretoria.
Stuur daarbenewens 'n afskrif van die voorlegging aan die ACDP by mabungane@parliament.co.za, sodat die party die openbare reaksie kan volg.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'