
Om ná skool al die pad George toe te ry van Knysna af, was oor en oor die moeite werd vir Macnita Samuels wat deur Just Water Southern Cape verras is met ‘n spoggerige paar Asics-hardloopskoene, sportdrag en ‘n reënbaadjie. Hier is sy, hoogs in haar skik, saam met (van links) Duan Jonker, bestuurder, Just Water SC, haar afrigter, Heinrich Philander, en Samantha September, verkoopsverteenwoordiger, Just Water SC, tydens die inkopietog by SportsCentre.