GEORGE NUUS - 'n 18-jarige man het homself vroeër vandag aan die polisie oorgegee ná 'n 70-jarige man dood in sy huis in Syferfontein aangetref is.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Malcolm Pojie, het een van die oorledene se bure hom as vermis aangemeld, waarna die polisie hom op sy bed in sy huis gevind het.
Hy is na bewering verwurg.
Die motief vir die moord is nog onbekend.
Die verdagte is in hegtenis geneem en is tans in aanhouding tot hy in alle waarskynlikheid eerskomende Maandag in die George-landdroshof sal verskyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'