Die uitdaging kom van lede van die 'Nutrition Club' in Baron van Reedestraat wat ‘n gesonde, gebalanseerde dieet en ‘n gesonde leefstyl vir Oudtshoorniete bepleit: “Ons woon immers in die volstuishoofstad en ons dorp se hoof-uitvoerproduk is wêreldwyd in aanvraag deur mense wat kies om gesond te leef,” sê die groep.
“Deelnemers se beginmassas, -mates en -foto’s word geneem en ons almal word weekliks gemonitor. Ons sal gereeld die vordering aan Oudtshoorn rapporteer en ook buite die 'Nutrition Club' in Baron van Reedestraat ‘n barometer aanbring wat wys hoeveel gewig week-na-week op die pad na die 1 ton-doelwit afgeskud word."
Alle Oudtshoorn-inwoners wat graag deel wil word van hierdie 'reuse' veldtog, word genooi om ’n draai by die klub te maak. Lede van die klub nooi die hele Oudtshoorn om - ter wille van elke gesin se lewensvreugde en liefde vir mekaar - by die projek aan te sluit.
Inwoners wat wil inskakel is kan vir Pieter (082 414 7123) of Sandra (082 461 3770) skakel.
Deur te kies vir ‘n gesonder leefstyl het Neel Brink (middel) die afgelope sewe weke 22.2kg verloor. Links is sy dogter Tanya wat in aansporing van haar pa self 17.3kg afgeskud het en sus, Anya wat 10.6kg ligter is.