GEORGE NUUS - Pacaltsdorp se bejaardes is vanoggend, as deel van Vrouemaand-vieringe, ‘n bietjie bederf.
Die bederfoggend is by die ou klipgebou in Pacaltsdorp gehou. Daar is spesiaal gereël dat die dames se voete gewas en masseer word en ‘n mooimaaksessie vir die hande was ook ingesluit.
Stephen de Klerk van die Excellent Youth Empowerment-groep het die dag gereël.
Hy het ook die Khoi-raad van Pacaltsdorp by die dag betrek.
Stamhoof Stan Lamini het ook gehelp.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'