GEORGE NUUS - Met verskeie openbare vakansiedae voor die deur, vestig GO GEORGE passasiers se aandag op die skedules wat op hierdie dae gevolg sal word.
Oor die Paasnaweek sal die busse op Vrydag 15 April volgens die Sondagskedule loop, en op Maandag 18 April sal die Saterdagskedule op alle roetes van toepassing wees.
Op Vryheidsdag (Woensdag 27 April) sowel as Werkersdag (wat op Maandag 2 Mei herdenk word) sal die Saterdagskedule gevolg word.
Vir enige navrae of hulp met ritbeplanning, skakel gerus die GO GEORGE-inbelkantoor by 0800 044 044, of besoek die Go George Facebook-blad vir die jongste nuus.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'