TUINROETE NUUS - Vier mans het vanmiddag, Woensdag 7 Julie, die poskantoor op Hartenbos beroof.
Volgens die polisie het die verdagtes, waarvan een met ‘n vuurwapen, en ‘n ander een met ‘n hamer gewapen was, die poskantoor om 12:10 binne gestorm.
Polisiewoordvoerder Kaptein Malcolm Pojie sê die verdagtes het mense binne die gebou gedreig en ‘n personeellid gedwing om die kluis oop te maak.
Intussen, in ‘n onverwante voorval op Albertinia, is ‘n voetganger vanmiddag tussen 14:00 en 15:00 deur twee mans in ‘n voertuig met ‘n vuurwapen gedreig waarna hulle hom gedwing het om sy selfoon te oorhandig.
Lees meer op ons susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'