GEORGE NUUS - Die gemeenskap van Blanco is geruk na die dood van ‘n geliefde inwoner, Tanjil Ahmed.
Hy is verlede week dood aan beserings wat hy vermoedelik in ‘n aanval in sy winkel in Golden Valley, Blanco opgedoen het.
Kerstin Islam wat hom geken het, het aan die George Herald vertel dat die voorval op 26 Desember plaasgevind het.
Kerstin het gesê dat hy eindelik ‘n vriend van haar man, Zahir was. Volgens haar het Ahmed verlede Woensdag saam met ‘n ander man gery om voorraad vir van sy winkels te gaan koop. Sy eie voertuig was stukkend.
Hulle het later teruggekeer en die man het hom by sy winkel in Golden Valley afgelaai. Die man het toe die res van die voorraad by een van sy ander winkels gaan aflaai.
Ahmed is hy vermoedelik tussen 13:00 en 14:00 in sy winkel in Golden Valley aangeval. Hy het toe na buite gehardloop en is deur omstanders na die George-hospitaal geneem. Hy is by die George-hospitaal dood verklaar.
Volgens haar was hy iemand met ‘n groot hart. “As iemand honger was, was hy altyd bereid om te help.”
‘n Troosdiens is verlede Donderdag vir hom by die moskee in Lavalia gehou. Sy liggaam is later na Bangladesh geneem. Hy kom oorspronklik daarvan af.
*Dit is onbekend of iemand al deur die polisie vir die beweerde voorval aangekeer is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'