Update
GEORGE NUUS - Geen insidente is vandag, 19 Junie, by die Lancewood-plaas aangemeld nie.
Van die werkers het Vrydag aan ‘n plakkaatbetoging deelgeneem. Voorvalle van geweld het Vrydag en Saterdag voorgekom en die polisie en lede van privaat sekuriteitsmaatskappye was in die gebied.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, het kort gelede gesê geen lede van die instansie is vandag ontplooi nie. Dit is nie bekend of die werkers vandag teruggekeer het na hul werk nie.
Die werkers eis hoër salarisse.
Clarence Mtyenele, adjunk-sekretaris-generaal van BWAWUSA het nie op navrae gereageer nie.
Die betoging raak nie werksaamhede by die Lancewood-fabriek in die industriële gebied in George nie. Dit is twee verskillende instansies wat onafhanklik van mekaar staan.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’