Update
GEORGE NUUS - Mark Rubin, eienaar van Lancewood, sê dis een van die hartseerste tye vandat hy by die onderneming betrokke is.
"Ons het altyd goeie verhoudinge met die personeel. Ons beskou dit as een groot familie. Ons het baie meer betaal as die norm in die gebied. Voorts gee ons ekstra en ander voordele soos bonusse."
Volgens hom het die vakbond ongelukkig onrealistiese eise. "Ons is sedert Februarie besig om te onderhandel."
Daar kon nie tot 'n vergelyk gekom word nie en die vakbond het gevra vir 'n vreedsame plakkaat-betoging.
"Die betoging was beslis nie vreedsaam en alle reëls in die boek is verbreek. Dit het ons forseer om meer sekuriteitspersoneel te kry. Die werkers het hekke oopgelos en een melkmasjien gesaboteer. Die huidige hoë insetkoste, beurtkrag, en die feit dat die gemiddelde bestedingsvermoë van mense minder is, maak dit baie moeilik om dit volhoubaar te maak."
Hy het gesê die vakbond is nie beskikbaar en hulle weier om na die perseel te kom om die mense te kalmeer.
Polisiewoordvoerder, Chris Spies, sê:
"George Detectives are investigating various charges relating to incidents reported on Friday, 16 June 2023 and Saturday, 17 June 2023. Information available indicates that incidents erupted on Friday morning and spilled over to yesterday. The cases opened at this stage are attempted murder, malicious damage to property, intimidation, theft and public violence.
"Circumstances which led to these incidents are under investigation. No arrests have been made. Investigation continues."
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’