Update
GEORGE NUUS - Die plakkaat-betoging by die Lancewood plaas in die Hoekwil omgewing gaan vandag voort. Dit het Vrydag 16 Junie begin en van die werkers eis hoër lone. Na verneem is nie al die werkers betrokke nie.
Die ongelukkiges het toestemming van die CCMA vir die betoging. Geweld het by tye die naweek plaasgevind.
Daar was glo voorvalle van klipgooiery en brandstigting. In een stadium het dit glo rof gegaan. Die polisie en privaat sekuriteitsmaatskappye was en is op die toneel.
Een van die werkers het vanoggend aan George Herald gesê dis vreedsaam.
"Ons het nog niks van die maatskappy gehoor nie. Ons sal voortgaan met die protes totdat ons antwoorde kry."
Die werker het aangevoer dat een van die sekuriteitsmaatskappye gister geweldadig teen hulle opgetree het.
'n Verteenwoordiger van een van die maatskappye het kort gelede gesê dis baie moeilik om in die stadium kommentaar te lewer. Volgens hom is die reëls vir die plakkaat betoging gebreek.
Betroubaar is verneem daar is 'n moontlikheid dat Lancewood later 'n verklaring kan uitreik. George Herald het navraag by die maatskappy gedoen.
Nuwe inligting sal volg sodra dit beskikbaar is.
Vorige artikel: Plakkaat-betoging by plaas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’