Gallery
GEORGE NUUS - George-munisipaliteit se Drywer van die jaar-kompetisie is die afgelope naweek by Eden Meander-leefstylsentrum gehou. Die kompetisie het ook sy 40ste bestaansjaar gevier.
Donovan Saptoe, die George-verkeershoof, sê die kompetisie groei elke jaar. Hy sê omdat dit in Vervoermaand gehou word, is die aandag op padveiligheid en die bestuursvernuf van die drywers.
Vanjaar het Hendrik Fortuin wat Hino George verteenwoordig, na 15 jaar uiteindelik gewen. Vir hom was dit om te verbeter op vorige jare se foute asook te werk aan sy tegniek.
"Dit voel lekker om na soveel jare te wen. Ek het met 'n plan teruggekom en presies geweet waaraan ek moet werk."
Voorheen het Hendrik deelgeneem in 'n loskoptrok, maar vanjaar het hy besluit om met 'n vastebak te ry.
"Ek het jare geoefen tot ek dit reggekry het, en sien daar." Hendrik het nie net die gesogte titel gewen nie, hy het ook lekker pryse losgeslaan. Dit sluit in R1 000 se brandstof asook 'n kontantprys en 'n Drywer van die jaar-baadjie en das.
Hendrik het nou die opsie om provinsiaal te gaan deelneem en dalk nasionaal.
Die groep toetsbeamptes asook George-munisipale beamptes wat Saterdag gehelp het dat die dag glad verloop. Heel links is Donovan Saptoe, George-verkeershoof.
Van links is Solly Gysman (afdelingswenner), Gerrit Saayman (3de), Hendrik Fortuin (algehele wenner) Marno Gerber (2de) en Ciaan Ceaser (afdelingswenner).
Lees 'n vorige artikel: Local claims driver of the year title
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'