TUINROETE NUUS - Paramedici word deesdae al hoe meer aangeval. Wanneer hulle die toneel van 'n voorval bereik, stel hulle ook hul lewens in gevaar as gevolg van kwaadwillige omstanders.
Na aanleiding van onlangse voorvalle waar gesondheidsverskaffers se lewens in gevaar gestel is, het lede van die plaaslike ER24-paramedici op 14 en 15 November 'n kursus bygewoon waarin hulle toegerus is met die nodige kennis om hulself en hul pasiënte tydens gevaarlike situasies te beskerm.
Volgens ER24 se bestuurder, Charl Pretorius, is die span gewys hoe om verskeie gevaarlike situasies te hanteer.
"Tydens die kursus, Emergency Medical Support in Hostile Environments, is hulle onder andere gewys hoe om veilig uit gevaarlike situasies te kom en dit te identifiseer. Hulle is geleer hoe om die polisie te ondersteun tydens taktiese operasies en die korrekte manier gewys om gasmaskers tydens onluste en ander situasies te gebruik.
"Op die laaste dag het hulle 'n vasbytsessie op Heroldsbaai deurgemaak waar hulle 'n 'pasiënt' etlike kilometers oor verskeie terreine moes dra. Ek is werklik trots op die span," sê hy.
Local ER24 paramedics recently took part in a course to equip them with the know-how to protect themselves and their patients in difficult situations. This follows after a noticeable increase in attacks on paramedics lately. Paramedics' lives are often put at risk when they attend to the scene of an incident, because of angry bystanders.
Die span van ER24 wat aan die kursus deelgeneem het.
Die span moes hul staal wys deur 'pasiënte' tydens 'n moeilike situasie oor verskillende terreine te dra.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'