Vrywilligers in die gemeente het met passie en liefde deur middel van dié geleent-heid ’n onuitwisbare indruk gemaak op hierdie kinderharte.
Daar is behoorlik karnaval gehou en selfs Kersvader het later die dag met 'n Brandweerwa opgedaag. Elke kind is bederf met smullekker eetgoed en het ook ’n geskenkpak gekry met pragtige presente en klere wat deur Eden Gemeente se lidmate en die volgende borge geskenk is: Wimpy Garden Route Mall (JP van der Merwe), Margo Swiss International (Roedolf van Dolderen), Auto Investments, Old Mutual, Jannie Strydom, John Reid, Coca Cola Furtune (Arnold Taute en Albie Meyer), House of Juice & Polar Ice Cream (Jacques Theunissen), Cora’s Costumes in Langenhovenstraat en Gold Nuggets Hondekos (Clint Niemand.
Volgens Amanda van Dyk sal die Angels Breakfast ‘n jaarlikse inisiatief bly van Kidz@Eden, die kinderkerk waarvan sy hoof is by Eden Gemeente. "Kidz@Eden en sy vrywilligers is uitverkoop aan Eden Gemeente se oortuiging dat die kerk slegs ’n bestaansreg het as dit die samelewing dien en betrokke is by die nood van die omgewing," vertel Amanda.
"Ek is uitgeboul deur die goedhartigheid van Eden Gemeente en George se besigheidsmense. Aan al die borge, lidmate en tieners van Eden Gemeente wat gehelp het om die kinderharte bly te maak, baie dankie. Aan al die tannies en ooms wat op die dag kom help het - sonder julle hulp was hierdie dag nie moontlik nie."
Eden Gemeente nooi enige persoon of organisasie wat in die toekoms hierdie aksie wil steun om hulle te kontak. "Hoe meer ons na die klein minderbevoorregte engele in ons omgewing uitreik, hoe minder sal die duiwel van misdaad, gesinsgeweld, HIV en algemene sosiale verval los wees," sê Amanda.
Die jonge dames wys die mooi klere wat hulle ontvang het.
Kersvader (John Reid) het aan elke kind ‘n geskenk oorhandig.
Maritsa Coetzer met haar groepie LIFE Community-kinders.