GEORGE NUUS - Emmaüs het Saterdag hul jaarlikse Wintermark gehou, en dit was weereens baie goed ondersteun.
Volgens die voorsitter van die beheerraad, Annemarie Filmalter, het hulle twee markte in die jaar, maar hul groot mark waarna mense gewoonlik uitsien is die een in November.
Sy sê hulle het 48 volwasse inwoners en 90 dagwerkers wat elke dag vervoer moet word.
"Baie van die geld wat ons nodig het moet ons self insamel, daarom het ons die markte en fondsinsamelingaande. Ons kry 'n gedeelte van die staat, maar baie min."
Sy sê die goedere wat hulle maak is dwarsdeur die jaar te koop, mense kan net vooraf met hulle reël.
Ook sê sy hulle het vrywillige hulp nodig van pensionarisse en afgetredenes om te help met beplanning in hul werkswinkel.
Kontak hulle by 044 873 4196 of besoek hulle by Memoriamstraat 6, George.
Bettie Boshoff, Ester Naik en Johan Dippenaar, Emmaüs personeel, hard besig met die sous vir die boereworsrolle.
Egan Naik en Ricolene Figland bedien vir Delores Wewers 'n boereworsrol. Wewers is op die bestuursraad van Emmaüs en het ook by 'n stalletjie gewerk.
Marinda Williams en Lydia Barnard is besig om serpe uit te toets.
Lincoln Zietsman, Martie Zietsman, Kayla Zietsman en Yvonne de Lange geniet die lekker filterkoffie, sap en pannekoek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'