Die werkswinkels in Osaka en Tokio is aangebied in samewerking met Satour se kantoor in Asië. Die afvaardiging het ook Suid-Korea besoek om die streek te bemark.
Eden se kommunikasiebestuurder, Kelvin Vollenhoven het met sy terugkoms in George tevredenheid uitgespreek oor wat hulle bereik het.
Hy sê die besoek was ‘n belangrike opvolgaksie vir die Wêreldbekersokkertoernooi. "Teen die agtergrond van Suid-Afrika se suksesvolle aanbieding van die Wêreldbeker en die mediafokus wat op ons streek geplaas is deur besoekende media, moet die waarde van opvolgbemarking nie onderskat word nie."
Die Eden-afvaardiging het tydens die intensiewe werkswinkelsessies die streek se besienswaardighede, natuurskoon en aktiwiteite aan Koreaanse en Japannese toeroperateurs bemark. Groot klem is ook op bekostigbaarheid en veiligheid gelê.
Wat wel tot die Eden-streek se nadeel strek is die langafstandvlug na Suid-Afrika en dan moet toeriste boonop ‘n aansluitingsvlug neem om uiteindelik op George-lughawe te land. Gesprekke met SAL dui egter daarop dat die lugdiens dit sal oorweeg om direkte vlugte vanaf die Ooste in te stel, sou volumes dit regverdig.
Die afvaardiging het ook met sakelui vergader oor moontlike beleggingsgeleenthede in gesondheids-produkte soos heuningbos en essensiële olies.
Eden is vergesel van verteenwoor-digers van Plettenbergbaai Toe-risme en Fancourt, die Japannese span se tuiste tydens die toernooi.
Artikel: Ilse Schoonraad
.jpg)
‘n Gedugte bemarkingspan. Van links is Bradley Brouwer, Satour se hoof in Asië, Faried Stemmet, Eden-burgemeester, Joan Shaw, Fancourt-bemarkinsbestuurder, en Gert Grobler, Suid-Afrikaanse ambassadeur aan Japan.