GEORGE NUUS - As jy een van die mense is wat die wel en wee van die vyf nonnietjiesuilkuikens wat tydens inperking in die Blanco NG kerk se kloktoring uitgebroei het, gevolg het, dan moet jy moreoggend net na 7:00 voor die radio wees.
Lizelle de Bruin gesels op RSG se Sondagjoernaal program met ds. Francois Mulder, 'n leraar van die gemeente.
Die uiltjies is onlangs deur die Tuinroete-rehabilitasiesentrum vir roofvoëls (Garden Route Birds of Prey Rehab Centre) verskuif.
Mulder het die uilnes in die toring ontdek in die begindae van inperking. Hy moes in die kloktoring opklim om die klok vir die eerste keer in 'n lang tyd op Opstandingsondag tydens Paasnaweek te lui nadat die tou 'n paar jaar gelede gebreek het. Sedertdien het hy elke Sondag die klok gaan lui en so uiteindelik in die plek van die eiers, 'n hand vol wollerige kuikens gekry.
Die program word tussen 7:00 en 8:00 uitgesaai.
Verwante artikels:
- Kerktoring-uile kry nuwe tuiste
- Uilkuikens in kloktoring verskaf gemeentepret
- Dominee en uil skrik ewe groot
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'