GEORGE NUUS - Cremhog open vroeg in 2024 hul Ithemba-sentrum om hawelose persone te help rehabiliteer.
Om die sentrum suksesvol te kan bedryf, benodig die bestuur verskillende maniere van ondersteuning, waaronder hulp met kruideniersware.
"Cremhog wil graag met kerke, groepe en besighede in vennootskap tree om as 'n versamelpunt vir kruideniersware te dien. Ons sal kratte verskaf. Die lys van kruideniersware word dan op die krat aangebring en donateurs kan items in die krat by die instansie plaas. Die kruideniersware sal gereeld afgehaal word," sê André Olivier, algemene bestuurder van Cremhog.
Hy het die publiek en organisasies by voorbaat bedank vir elkeen se hulp en ondersteuning om die projek en sentrum 'n sukses te maak.
Om as kruideniersvennoot aan te sluit, kontak André by 082 551 8900 of Surika by 083 461 9755.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’