Update
GEORGE NUUS - "Desondanks 'n enkele uitstaande forensiese verslag, is die ondersoek na die dood van Caroline van der Merwe feitlik voltooi en gereed vir beslissing deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG)."
Só het Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie vroeër vandeesweek gesê.
In Augustus 2018 is daar ook te kenne gegee dat die ondersoek voltooi was en na die NVG gestuur is.
"Die dossier was inderdaad aan die NVG voorgelê wat toe versoek het dat 'n meganiese forensiese verslag deur die polisie voorgelê moet word. Dit is juis hierdie verslag wat in afwagting is. Van tyd tot tyd word soortgelyke versoeke ontvang vanaf die NVG wat dan die polisie noop om deskundiges in te span om gehoor aan die hof se versoek te verleen.
"Dit is nie vreemd dat sodanige versoek gerig word nie. Deskundige verslae kan soms vir lang tydperke uitstaande bly. Sodra die verslag bekom is, sal die dossier voorgelê word aan die NVG," sê Pojie.
Caroline was Vrydagaand, 2 Junie 2017 omstreeks 23:00 vanaf Mujo's, waar sy gewerk het, onderweg huis toe saam met vriende, Jean-Pierre Stopforth, Levin Muller en Megan Borrett.
Sy het in Knysnaweg ingedraai in die rigting na die dorp toe twee voertuie, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, haar motor getref het. Caroline het op die toneel gesterf.
Reddingswerkers moes van meganiese kake gebruik maak om haar liggaam uit die verfrommelde wrak te bevry na die beseerde Stopforth en Muller bevry is.
Borrett is lig beseer. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
IN SHORT
The National Prosecuting Authority (NPA) is waiting for only one forensic report, that it had especially requested, before a decision can be made about the death of Caroline van der Merwe (21) in 2017. Caroline was on her way home with friends, Jean-Pierre Stopforth, Levin Muller and Megan Borrett, on Friday evening 2 June 2017 around 23:00 from Mujo's, where she worked. She was turning into Knysna Road in the direction of the town when two vehicles, travelling in the opposite direction, hit her car. Caroline died at the scene.
Lees vorige artikels:
- Knysnaweg-ongeluk se ondersoek voltooi
- Slegs mediese verslae uitstaande
- Knysnaweg-ongeluk ondersoek byna voltooi
- Knysnaweg is nog dieselfde
- Niks nuut oor spoed in Knysnaweg
- 'Sy was 'n borrelende kind'
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'