Update
GEORGE NUUS - Ná byna 'n jaar sedert die jong Caroline van der Merwe (21) in 'n motorongeluk in Knysnaweg oorlede is, wag die ondersoekbeampte, ao. Jerome Malan, slegs vir die mediese verslae om die ondersoek te voltooi.
"Die mediese verslae is nog uitstaande waarna Malan die dossier aan die senior staatsaanklaer vir 'n beslissing sal oorhandig," sê George-polisie se kommunikasiebeampte, sers. Michael Opperman.
Hy sê die saak word steeds ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Caroline was Vrydagaand, 2 Junie 2017 omstreeks 23:00 vanaf Mujo's, waar sy gewerk het, onderweg huis toe saam met vriende, Jean-Pierre Stopforth, Levin Muller en Megan Borrett.
Sy het in Knysnaweg ingedraai in die rigting na die dorp toe twee voertuie, wat in die teenoorgestelde rigting gery het, haar motor getref het. Caroline het op die toneel gesterf. Reddingswerkers moes van meganiese kake gebruik maak om haar liggaam uit die verfrommelde wrak te bevry na die beseerde Stopforth en Muller bevry is. Borrett is lig beseer.
"Ons is gebroke en mis ons sonskynkind ongelooflik," het Caroline se pa, Pieter, vandeesweek aan die George Herald gesê.
*Close to a year after the young Caroline van der Merwe (21) died in a car crash in Knysna Road, the investigating officer, Warrant Officer Jerome Malan, is only waiting for medical reports to complete the investigation.
Klik hier vir vorige artikels:
- Knysnaweg-ongeluk ondersoek byna voltooi
- Knysnaweg is nog dieselfde
- Niks nuut oor spoed in Knysnaweg
- 'Sy was 'n borrelende kind'
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'