Update
GEORGE NUUS - Nege maande ná Caroline van der Merwe (21) se dood in Knysnaweg, is die ondersoek byna voltooi.
Volgens die George-polisie se kommunikasiebeampte, sersant Michael Opperman, is daar slegs twee verklarings uitstaande waarna die ondersoekbeampte, ao. Jerome Malan, die dossier aan die senior staatsaanklaer vir 'n beslissing sal oorhandig.
"Die saak word steeds ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar as alles goed gaan behoort ons die ondersoek teen die einde van die maand te voltooi," het hy aan George Herald gesê.
Caroline was Vrydagaand, 2 Junie 2017 omstreeks 23:00 vanaf Mujo's, naby die Glenwood-gholfbaan waar sy gewerk het, onderweg huis toe saam met vriende, Jean-Pierre Stopforth, Levin Muller en Megan Borrett.
Sy het in Knysnaweg ingedraai in die rigting na die dorp toe twee voertuie, 'n Chevrolet Sonic en Volkswagen Caddy wat in die teenoorgestelde rigting gery het, haar motor getref het. Caroline het op die toneel gesterf.
*The investigation into the death of Caroline van der Merwe (21) in an accident on Knysna Road nine months ago, is almost complete. According to George Police's communications officer, Sergeant Michael Opperman, only two statements are needed before the investigating officer will hand over the dossier to the court.
Klik hier vir vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'