GEORGE NUUS - Blanco-buurtwag nooi almal uit na 'n algemene vergadering om 18:30 op 18 Januarie in die Blanco-gemeenskapsaal.
Dié buurtwag moes gedurende die feesseisoen bontstaan met klagtes van vuurwerke en klappers wat onwettig in die woonbuurt afgevuur is. Volgens 'n lid van die buurtwag Elaine Fourie, was daar ook verskeie inbrake by besighede, wonings en motors. "Ons het verskriklik baie mense en kinders gehad wat in die strate ronddrentel en kwaad doen."
Op 4 Januarie omstreeks 13:50 het 'n brand in die begraafplaas in Maitlandstraat uitgebreek. Dit is vermoedelik veroorsaak deur klappers wat geskiet is. "Weens die droogte het die veld begin brand. Die brandweer is ontbied en die vuur geblus voor groot skade aangerig is."
Sluit aan by Blanco-buurtwag
Enigeen wat belangstel om 'n lid van Blanco-buurtwag te word, of om as patrollielid aan te sluit word versoek om die vergadering by te woon. Besonderhede is ook by www.blancowatch.co.za beskikbaar.
Vir meer inligting kontak Liana van der Rijst by 074 321 0033 of Elaine Fourie by 082 924 6216.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'